Ses jaar ná Bloedvreemd skryf Juliana Coetzer wat hét geword van haar dogter, Anneke. Op sewejarige ouderdom het sy ’n breinvirus opgedoen. Ses jaar later vra mense steeds — wat het geword van julle? Is Anneke oukei?
Met 'n skreiend eerlike stem skryf Juliana oor die verdere reis. Anneke kan al hoe minder praat en verstaan, en steeds probeer sy haar onafhanklikheid behou. Maar elke dag bring sy eie uitdagings. Aangrypende leesstof vir enigiemand wat al verlies ervaar het.